Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 6:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As helpers smeek ons julle dat die onverdiende guns van God, wat julle ontvang het, nie waardeloos in julle word nie,Yes 49:8 Let op, nou is dit die aanvaarbare tyd en nou is dit die dag van redding.

2. want Hy sê: “In die aanvaarbare tyd het Ek jou geantwoord en in die dag van redding het Ek jou gehelp.”

3. Waarom sal jy aan enige iemand ’n rede gee tot struikeling, as dit nie ’n tekortkoming in ons bediening sou wees nie,

4. maar in alles wys ons onsself as dienaars van God, met baie verwagtende uithou, in vervolginge, in benoudheid, in gevangeskap,

5. in houe, in kettings, in oproere, in harde werk, in slapeloosheid, in honger,

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 6