Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 5:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. vertrou en verlang ons as gevolg hiervan, om uit die liggaam uit te gaan en by ons Meester te wees.

9. Ons is toegewyd daaraan om, of ons afwesig of tuis is, Hom tevrede te stel,

10. want ons gaan almal staan voor die troon van Die Gesalfde Een sodat elkeen betaling kan ontvang volgens alles wat hy in die liggaam gedoen het; of dit goed is of boos.

11. Omdat ons daarom die vrees en respek van ons Meester ken, oortuig ons mense. Voor God is ons openbaar en ek hoop om ook tot julle begrip openbaar te wees,

12. want ons prys onsself nie weer aan by julle nie, maar ons gee vir julle ’n geleentheid om te roem oor ons, in die teenwoordigheid van hulle wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die verstand, wil en emosie nie,

13. want as ons kranksinnig is, is dit vir God en as ons normaal is, is dit vir julle,

14. want die liefde van Die Gesalfde Een dring by ons aan om so te redeneer: dat as Een in die plek van elke persoon gesterf het, dan het elke persoon saam met Hom gesterf.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 5