Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 5:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy het in die plek van elke persoon gesterf sodat die wat lewe, nie vir hulleself sal lewe nie, maar vir Hom wat vir elkeen gesterf en opgestaan het.

16. Van nou af ken ons niemand meer na die uiterlike nie. Selfs al het ons ook Die Gesalfde Een na die uiterlike geken, ken ons Hom nou nie meer so nie.

17. Alles wat daarom in eenheid met Die Gesalfde Een is, is ’n nuwe skepping, die ou orde het daarmee verbygegaan

18. en alles het nuut geword vanaf God; Hy wat ons verhouding met Homself herstel het deur Yeshua, Die Gesalfde Een en vir ons die bediening gegee het om dié verhouding te herstel,

19. want God, in eenheid met Die Gesalfde Een, het die verhouding van die wêreld met Sy majesteit herstel en nie hulle sondes vir hulle bereken nie en ons eie boodskap van die herstel van die verhouding in ons gesit;

20. daarom is ons ambassadeurs namens Die Gesalfde Een, asof God julle uitnooi deur ons; daarom vra ons julle, namens Die Gesalfde Een: laat julle verhouding met God herstel,

21. want Hy wat geen sonde geken het nie, het Homself in jou plek ’n sondoffer gemaak sodat ons deur Hom, die onpartydige opregtheid van God kan word.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 5