Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 5:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ons weet dat, as ons aardse huis, die liggaam, vernietig sal word, ons ’n gebou het wat vanaf God is, ’n huis nie met hande gemaak nie, in die hemel, vir ewig,

2. want ook hieroor word ons gemaak om te kreun en verlang ons om ons huis wat vanuit die hemel is, aan te trek

3. sodat wanneer ons aangetrek is, ons nie kaal bevind mag word nie,

4. want terwyl ons nou nog in díe liggaam is, word ons gemaak om te kreun deur sy gewig en ons wil dit nie uittrek nie, maar oor dit aantrek sodat sy sterflikheid deur die lewe verslind kan word,

5. maar Hy wat ons hiervoor voorberei het, is God, wat ook vir ons die deposito van Sy Gees gegee het.

6. Omdat ons weet en oortuig is daarvan dat solank as wat ons in die liggaam bly, ons verwyderd is van ons tuiste, van ons Meester,

7. want ons leef deur vertroue en nie deur wat ons sien nie,

8. vertrou en verlang ons as gevolg hiervan, om uit die liggaam uit te gaan en by ons Meester te wees.

9. Ons is toegewyd daaraan om, of ons afwesig of tuis is, Hom tevrede te stel,

10. want ons gaan almal staan voor die troon van Die Gesalfde Een sodat elkeen betaling kan ontvang volgens alles wat hy in die liggaam gedoen het; of dit goed is of boos.

11. Omdat ons daarom die vrees en respek van ons Meester ken, oortuig ons mense. Voor God is ons openbaar en ek hoop om ook tot julle begrip openbaar te wees,

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 5