Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 4:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want ons verkondig nie onsself nie, maar Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester, maar onsself as julle slawe, ter wille van YeshuaGen 1:3 dit in ons verstand, wil en emosie laat deurskyn het sodat ons opgehelder sal word met die kennis van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God in die Teenwoordigheid van Yeshua, Die Gesalfde Een,

6. omdat God, Hy wat gesê het dat daar uit donkerte lig moet skyn,

7. maar ons het hierdie skat in kleihouers sodat die grootheid van die krag vanaf God mag wees en nie uit ons nie.

8. In alles word ons verdruk, maar ons is nie platgedruk nie; ons is lastig geval, maar nie veroordeel nie;

9. ons is vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons is neergegooi, maar nie verslaan nie.

10. Elke keer dra ons die sterwe van ons Meester, Yeshua, in ons liggame sodat ook die lewe van Die Gesalfde Een in ons liggame gewys kan word,

11. want as ons wat lewe, aan die dood oorgelewer word om Yeshua se ontwil, sal ook, net so, die lewe van Yeshua in hierdie sterflike liggame openbaar word.

12. So is die dood aktief in ons, maar die lewe in julle;Ps 116:10 vertrou ons en praat ons ook,

13. daarom, ook in ons wat dieselfde Gees van vertroue het, soos geskrywe is: “Ek het vertrou en daarom het ek ook gepraat,”

14. want ons weet dat Hy wat ons Meester Yeshua opgewek het, ons ook deur Yeshua sal opwek en ons saam met julle na Hom toe sal bring,

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 4