Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 4:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. So is die dood aktief in ons, maar die lewe in julle;Ps 116:10 vertrou ons en praat ons ook,

13. daarom, ook in ons wat dieselfde Gees van vertroue het, soos geskrywe is: “Ek het vertrou en daarom het ek ook gepraat,”

14. want ons weet dat Hy wat ons Meester Yeshua opgewek het, ons ook deur Yeshua sal opwek en ons saam met julle na Hom toe sal bring,

15. want dit is alles om julle ontwil en wanneer die onverdiende guns meer word, sal die dankbaarheid baie meer word tot die eer, lof en aanbidding van God.

16. As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg nie, selfs as ons uiterlike liggaam vernietig word; daarenteen word die innerlike dag ná dag nuut gemaak,

17. want terwyl die huidige lyding lig en van korte duur is, berei dit vir ons ’n groot en grenslose eer en lof vir ’n tydlose ewigheid voor.

18. Ons verheug ons nie in die sigbare dinge nie, maar in die onsigbare, want die sigbare dinge is vir ’n tyd, maar die onsigbare is ewig.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 4