Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 4:10-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Elke keer dra ons die sterwe van ons Meester, Yeshua, in ons liggame sodat ook die lewe van Die Gesalfde Een in ons liggame gewys kan word,

11. want as ons wat lewe, aan die dood oorgelewer word om Yeshua se ontwil, sal ook, net so, die lewe van Yeshua in hierdie sterflike liggame openbaar word.

12. So is die dood aktief in ons, maar die lewe in julle;Ps 116:10 vertrou ons en praat ons ook,

13. daarom, ook in ons wat dieselfde Gees van vertroue het, soos geskrywe is: “Ek het vertrou en daarom het ek ook gepraat,”

14. want ons weet dat Hy wat ons Meester Yeshua opgewek het, ons ook deur Yeshua sal opwek en ons saam met julle na Hom toe sal bring,

15. want dit is alles om julle ontwil en wanneer die onverdiende guns meer word, sal die dankbaarheid baie meer word tot die eer, lof en aanbidding van God.

16. As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg nie, selfs as ons uiterlike liggaam vernietig word; daarenteen word die innerlike dag ná dag nuut gemaak,

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 4