Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 4:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg in hierdie bediening wat ons het nie omdat liefdevolle omgee in ons is.

2. Ons verwerp die geheime skandes en ons leef nie in misleiding of verwerping van die boodskap van God nie, maar deur die openbaring van die waarheid, wys ons, voor God, ons gees aan elke mens se gedagtes,

3. maar as ons goeie boodskap nog bedek is, is dit bedek vir die wat besig is om verlore te gaan,

4. húlle, vir wie die god van hierdie wêreld die intellek verblind het omdat hulle nie vertrou nie sodat die lig van die goeie boodskap van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Die Gesalfde Een, wat die Beeld van God is, nie op hulle sou skyn nie,

5. want ons verkondig nie onsself nie, maar Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester, maar onsself as julle slawe, ter wille van YeshuaGen 1:3 dit in ons verstand, wil en emosie laat deurskyn het sodat ons opgehelder sal word met die kennis van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God in die Teenwoordigheid van Yeshua, Die Gesalfde Een,

6. omdat God, Hy wat gesê het dat daar uit donkerte lig moet skyn,

7. maar ons het hierdie skat in kleihouers sodat die grootheid van die krag vanaf God mag wees en nie uit ons nie.

8. In alles word ons verdruk, maar ons is nie platgedruk nie; ons is lastig geval, maar nie veroordeel nie;

9. ons is vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons is neergegooi, maar nie verslaan nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 4