Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 3:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Begin ons weer om aan julle te wys wat onsself is? Asof ons, soos sommige, aanbevelingsbriewe aangaande ons nodig het aan julle of dat julle sou skryf om te beveel aangaande ons?

2. Julle is ons brief, geskryf in ons verstand, wil en emosie, geken en gelees deur almal,

3. want julle weet dat julle Die Gesalfde Een se brief is deur ons dienswerk, geskryf nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die verstand, wil en emosie.

4. Só ’n vertroue het ons, deur Die Gesalfde Een, by God.

5. Nie dat ons uit onsself genoeg is om enige iets van onsself te dink nie, maar ons krag is uit God,

6. wat ons waardig gemaak het om bedienaars van die nuwe verbond te wees, nie deur wat geskryf is nie, maar deur die Gees, want die geskrewe woord maak dood, maar die Gees gee lewe.

7. As die bediening van die dood, die geskrewe woord wat op klippe gegraveer is, in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gekom het sodat die seuns van Yisra’el nie kon kyk na die gesig van Moshe nie as gevolg van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid op sy gesig, wat verbygaan,

8. hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wees nie?

9. As die bediening wat veroordeel, in eer, lof en grootheid was, hoeveel meer is die bediening wat onpartydig opreg maak, oorvloedig in eer, lof en grootheid,

10. want as gevolg van die alles oortreffende eer, lof en grootheid, is, wat vroeër eer, lof en grootheid was, ook nie meer in eer, lof en grootheid nie,

11. want as daar eer, lof en grootheid was in wat moes vergaan, is daar baie meer eer, lof en grootheid in wat bly.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 3