Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 2:5-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan is dit nie vir my wat hy bedroef het nie, maar, sonder om te vergroot, vir julle almal.

6. Vir so iemand is dit genoeg om deur baie aangespreek te word

7. en nou, in teenstelling, is dit nodig om hom te vergewe en op te hef sodat so iemand nie miskien deur ’n oormaat droefheid verslind word nie.

8. As gevolg hiervan versoek ek julle om julle liefde aan hom te bevestig,

9. want daarom het ek ook geskryf om julle te toets, of julle in alles gehoorsaam is.

10. Die een wat julle iets vergewe, vergeef ek ook, want enige iets waarvoor ek hom vergewe het, het ek vergewe om julle ontwil in die Teenwoordigheid van Die Gesalfde Een

11. sodat ons nie deur die teëstander oorval sou word nie, want ons ken sy metodes.

12. Toe ek in Troas gekom het met die goeie boodskap van Die Gesalfde Een en ’n deur vir my, deur יהוה, oopgemaak is,

13. het ek geen rus vir my gees gehad nie omdat ek my broer Titos nie daar gekry het nie, maar ek het van hulle afskeid geneem en na Makedonia vertrek.

14. Dank aan God wat ons, altyd in eenheid met Die Gesalfde Een, ’n skouspel maak en deur ons, die aangename reuk van Sy kennis op elke plek bekend maak,

15. want ons is die aangename soet geur in Die Gesalfde Een tot God onder die wat lewe het en onder die wat besig is om verlore te gaan;

16. vir die laaste die stank van dood tot die dood en vir die eerste ’n aangename reuk van die lewe tot die lewe en wie sal hierdie dinge waardig wees?

17. Ons het nie soos ander die boodskap van God verdraai nie, maar dit in waarheid volgens dit wat vanaf God is, in die Teenwoordigheid van God, in eenheid met Die Gesalfde Een, verkondig.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 2