Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 2:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle toe te kom nie,

2. want as ek julle bedroef maak, wie is daar om my bly te maak, anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?

3. Ek het dit so aan julle geskrywe sodat ek nie by my koms droefheid mag ondervind deur hulle oor wie ek my moes verbly nie omdat ek julle almal vertrou en dat my blydskap van julle almal af is.

4. Vanuit groot lyding en ’n verstand, wil en emosie vol droefheid skryf ek hierdie dinge aan julle deur baie trane, nie dat julle bedroef moet word nie, maar dat julle mag weet van die oorvloedige liefde wat ek vir julle het,

5. maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan is dit nie vir my wat hy bedroef het nie, maar, sonder om te vergroot, vir julle almal.

6. Vir so iemand is dit genoeg om deur baie aangespreek te word

7. en nou, in teenstelling, is dit nodig om hom te vergewe en op te hef sodat so iemand nie miskien deur ’n oormaat droefheid verslind word nie.

8. As gevolg hiervan versoek ek julle om julle liefde aan hom te bevestig,

9. want daarom het ek ook geskryf om julle te toets, of julle in alles gehoorsaam is.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 2