Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 13:9-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. want ons is bly as ons swak is en julle sterk en hieroor bid ons ook sodat julle volmaak sal word.

10. As gevolg hiervan skryf ek hierdie dinge in my afwesigheid sodat ek nie, as ek teenwoordig is, ernstig hoef op te tree, volgens die outoriteit wat my Meester my gegee het, om julle op te bou en nie af te breek nie.

11. Van nou af, broers, wees bly, word volmaak gemaak, word opgebou, wees een van denke, leef in vrede en die God van liefde, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal by julle wees.

12. Groet mekaar met ’n afgesonderde soen.

13. Al die afgesonderdes groet julle.

14. Die vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die liefde van God en die gemeenskap van die Gees van Afsondering bly by julle almal! Dit is waar!

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 13