Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 12:5-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Oor so ’n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe net in lyding,

6. want as ek wou roem, sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat, maar ek doen dit nie sodat niemand my hoër mag reken as wat hy van my sien of wat hy van my af hoor nie.

7. ’n Doring is vir my in die vlees gegee sodat ek nie grootkop sou kry oor die uitermatige grootheid van die openbaringe nie, ’n boodskapper van die teëstander, om my met die vuis te slaan sodat ek nie grootkop sou kry nie.

8. Hieroor het ek drie maal van my Meester gevra om dit van my weg te vat

9. en Hy het vir my gesê: “My onverdiende guns is vir jou genoeg, want my wonderwerkende krag word in swakheid volmaak gemaak.” Ek sal daarom met blydskap in my swakhede roem sodat die krag van Die Gesalfde Een op my kan rus.

10. As gevolg hiervan verbly ek my in lyding, in beledigings, in beproewings, in vervolginge en in gevangeskap om die persoon van Die Gesalfde Een se onthalwe, want as ek swak is, dan is ek sterk.

11. Let op; al roemend het ek dwaas geword. Julle het my daartoe gedwing, want ek moes deur julle aanbeveel word omdat ek in niks terugstaan by die ‘groot afgevaardigdes’ nie, al is ek niks nie.

12. Die tekens van ’n afgevaardigde het ek onder julle gedoen met alle geduld en deur heldedade, wonderwerke en wonderwerkende krag,

13. want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik nie vir julle ’n las was nie? Vergewe my hierdie verkeerdheid!

14. Let op, ek is gereed om die derde keer na julle toe te kom en ek sal nie vir julle ’n las wees nie, want ek soek nie julle besittings nie, maar julle self, want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders

15. en ek sal met vreugde kostes dra, ja, myself weggee ter wille van julle gees, selfs al het julle my al minder lief, soos ek julle meer liefhet.

16. Miskien was ek nie ’n las vir julle nie, maar omdat ek vernuftig was, het ek julle met vernuf gevang.

17. Het ek my nie dalk vanuit julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur het nie?

18. Ek het Titos gevra en die broer saamgestuur. Het Titos hom dan vanuit julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde Gees, in dieselfde pad geloop nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 12