Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 12:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Let op, ek is gereed om die derde keer na julle toe te kom en ek sal nie vir julle ’n las wees nie, want ek soek nie julle besittings nie, maar julle self, want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders

15. en ek sal met vreugde kostes dra, ja, myself weggee ter wille van julle gees, selfs al het julle my al minder lief, soos ek julle meer liefhet.

16. Miskien was ek nie ’n las vir julle nie, maar omdat ek vernuftig was, het ek julle met vernuf gevang.

17. Het ek my nie dalk vanuit julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur het nie?

18. Ek het Titos gevra en die broer saamgestuur. Het Titos hom dan vanuit julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde Gees, in dieselfde pad geloop nie?

19. Dink julle weer dat ons onsself by julle verdedig? Ons praat in die teenwoordigheid van God, in eenheid met Die Gesalfde Een en dit alles, tot julle vir wie ons lief is, se opbouing,

20. want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal kry soos ek wens nie en dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens nie: dat daar stryery, jaloesie, woede, verdeeldheid, kwaadpratery, skinder, ontevredenheid, verwaandheid en onstabiliteit sal wees;

21. dat my God my nie by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en nie erken, berou en weggedraai het van die onreinheid, seksuele oortredings en ongebondenheid wat hulle gedoen het, nie.Deut 19:15

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 12