Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek het ander gemeentes beroof, deur vergoeding te kry, om julle te bedien

9. en toe ek by julle was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie, want die broers wat van Makedonia af gekom het, het in my gebrek voorsien en ek het my in alles weerhou om nie vir julle ’n las te wees nie en sal my ook weerhou.

10. Die waarheid van Die Gesalfde Een is in my sodat hierdie roem in die streke van Agaia nie van my weggevat sal word nie.

11. Om watter rede? Omdat ek julle nie liefhet nie? God self weet!

12. Wat ek doen, sal ek voortgaan om te doen; om die beskuldigings af te sny van die wat ’n geleentheid soek om te roem sodat hulle dieselfde as ons gesien mag word,

13. want sulke mense is valse afgevaardigdes, misleidende werkers, wat hulleself voordoen as afgevaardigdes van Die Gesalfde Een

14. en geen wonder nie, as hy, wat die teëstander is, homself voordoen as ’n engel van lig!

15. Dit is daarom niks groots wanneer sy diensknegte hulle ook voordoen as diensknegte van onpartydige opregtheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle dade.

16. Ek sê weer dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, ontvang my as ’n dwaas sodat ek ook ’n bietjie kan roem.

17. Alles wat ek sê, sê ek nie vanuit ons Meester nie, maar in dwaasheid op hierdie geleentheid van roem.

18. Aangesien baie na die uiterlike roem, sal ek ook roem,

19. want julle luister graag na die dwase omdat julle so wys is!

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11