Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:24-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Vyf maal het ek veertig houe op een na van die Jode gekry.

25. Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek sonder ’n skip op die diepsee deurgebring,

26. gereeld op reis in gevaar van riviere, in gevaar van rowers, in gevaar van my eie mense, in gevaar van die ander nasies, in gevaar in die stad, in gevaar in die wildernis, in gevaar op see, in gevaar onder vals broers,

27. in harde werk en in uitputting, gereeld in slapeloosheid, in honger en dors, dikwels sonder kos, in koue en naaktheid,

28. behalwe dit alles en die skares wat om my is, my daaglikse bekommernisse en die omgee vir al die gemeentes.

29. Wie ly en ek ly nie ook nie? Vir wie word ’n struikelblok in die pad gesit en ek is nie aan die brand (woedend) nie?

30. As daar geroem moet word, sal ek in my swakheid roem.

31. Hy weet, die God en Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, geseënd tot in tydlose ewigheid, dat ek nie lieg nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11