Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:18-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Aangesien baie na die uiterlike roem, sal ek ook roem,

19. want julle luister graag na die dwase omdat julle so wys is!

20. Julle verdra dit as iemand slawe van julle maak, as iemand julle verteer, as iemand by julle afvat, as iemand hom opblaas oor julle, as iemand julle in die gesig slaan.

21. Tot my oneer moet ek erken dat ons daarvoor te swak was, maar as iemand dit waag, ek praat in dwaasheid, waag ek dit ook.

22. Is hulle Hebreërs? Ek is ook. Is hulle Yisra’eliete? Ek is ook. Is hulle die saad van Avraham? Ek is ook.

23. Is hulle diensknegte van Die Gesalfde Een? Ek praat soos ’n dwaas, ek nog meer, deur oorvloediger werk, in ontelbare slaanwonde, in baie meer tronke, gereeld by die dood.

24. Vyf maal het ek veertig houe op een na van die Jode gekry.

25. Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek sonder ’n skip op die diepsee deurgebring,

26. gereeld op reis in gevaar van riviere, in gevaar van rowers, in gevaar van my eie mense, in gevaar van die ander nasies, in gevaar in die stad, in gevaar in die wildernis, in gevaar op see, in gevaar onder vals broers,

27. in harde werk en in uitputting, gereeld in slapeloosheid, in honger en dors, dikwels sonder kos, in koue en naaktheid,

28. behalwe dit alles en die skares wat om my is, my daaglikse bekommernisse en die omgee vir al die gemeentes.

29. Wie ly en ek ly nie ook nie? Vir wie word ’n struikelblok in die pad gesit en ek is nie aan die brand (woedend) nie?

30. As daar geroem moet word, sal ek in my swakheid roem.

31. Hy weet, die God en Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, geseënd tot in tydlose ewigheid, dat ek nie lieg nie.

32. In Dammesek het die hoof van die weermag van koning Aretas, die stad bewaak om my te vang

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11