Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek wens julle wil my net ’n kort rukkie verdra terwyl ek in dwaasheid praat! Verdra my tog maar,

2. want ek is jaloers oor julle met God se jaloesie, want ek het julle afgegee om te trou met Een Man; om julle as ’n rein maagd aan Die Gesalfde Een voor te stel,Gen 3:1-7 deur sy listigheid mislei het, julle denke net so korrup gemaak is, weg van die eenvoudigheid wat by Die Gesalfde Een is,

3. maar ek is bang dat, net soos die slang vir Havah

4. want as iemand kom en ’n ander Yeshua verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander goeie boodskap as wat julle ontvang het, kan julle maklik oortuig word,

5. want ek dink nie ek het in enige iets tekort gekom teenoor dié ‘afgevaardigdes’ wat vooruitgaan nie,

6. want selfs al is ek ook eenvoudig in my spraak, nie in my kennis nie, is dit in alles aan julle openbaar.

7. Of het ek teen julle verkeerd gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word en ek die goeie boodskap van God gratis aan julle verkondig het?

8. Ek het ander gemeentes beroof, deur vergoeding te kry, om julle te bedien

9. en toe ek by julle was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie, want die broers wat van Makedonia af gekom het, het in my gebrek voorsien en ek het my in alles weerhou om nie vir julle ’n las te wees nie en sal my ook weerhou.

10. Die waarheid van Die Gesalfde Een is in my sodat hierdie roem in die streke van Agaia nie van my weggevat sal word nie.

11. Om watter rede? Omdat ek julle nie liefhet nie? God self weet!

12. Wat ek doen, sal ek voortgaan om te doen; om die beskuldigings af te sny van die wat ’n geleentheid soek om te roem sodat hulle dieselfde as ons gesien mag word,

13. want sulke mense is valse afgevaardigdes, misleidende werkers, wat hulleself voordoen as afgevaardigdes van Die Gesalfde Een

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11