Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 10:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. maar ons sal nie oormatig roem nie, maar volgens die maat van die standaard wat God vir ons gegee het wat tot by julle kom,

14. want dit is nie asof ons nie by julle uitgekom het nie, want ons het onsself uitgestrek om by julle aan te kom met die goeie boodskap van Die Gesalfde Een.

15. Ons roem nie buite ons mate in die werk van ander nie, maar ons het ’n aktiewe verwagting dat, wanneer julle vertroue toeneem, ons tussen julle verhoog sal word en ons verder sal gaan

16. om ook die goeie boodskap te verkondig in plekke verder as julle, nie om in die mate van ander nie, maar in wat ons gewen het, te roem.Yir 9:23

17. Hy wat roem, moet in יהוה roem,

18. want hy wat homself aanbeveel, is nie aanvaarbaar nie, maar hý wat deur יהוה aanbeveel word.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 10