Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 10:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek, Sha’ul, versoek julle deur die rustige kalmte en sagtheid van Die Gesalfde Een, ek wat tussen julle sag is teenoor julle, maar in my afwesigheid vrymoedig is teenoor julle;

2. ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek my nie op reguit openlikheid hoef te beroep, soos wat ek beplan om reguit te wees teen sommige wat reken dat ons volgens die vleeslike lewe nie,

3. want hoewel ons in die uiterlike liggaam lewe, maak ons nie oorlog volgens die vleeslike nie,

4. want die wapens van ons oorlog is nie van die vlees nie, maar vanuit die krag van God en daarmee onderwerp ons rebelse vestings,

5. ons breek argumente en elke hoë skeiding wat teen die kennis van God opgerig word, af en neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Die Gesalfde Een.

6. Ons is voorbereid om die straf uit te oefen op almal wat nie gehoorsaam nie, wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7. Julle kyk na die oppervlakkige. As iemand by homself vertrou dat hy aan Die Gesalfde Een behoort, laat hy in sy verstand en wil weet dat, net soos hy aan Die Gesalfde Een behoort, ons ook net so,

8. want al sou ek ook nog meer roem oor outoriteit wat ons Meester my gegee het, sal ek my nie skaam nie, want dit is vir ons gegee om julle op te bou en nie te vernietig nie.

9. Ek vermy dit egter, anders sou dit lyk asof ek julle deur my briewe wil bang maak,

10. want daar is mense wat sê: “Die briewe is gewigtig en kragtig, maar die koms in die vlees is kragteloos en die boodskap verwerplik.”

11. Laat hom wat so praat daaraan dink dat ons dieselfde wat ons deur die briewe in ons afwesigheid sê, ook in dade doen as ons aanwesig is,

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 10