Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kefa 3:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. daarom moet julle vir wie ek lief is terwyl julle hierdie dinge verwag, moeite doen dat julle vlekkeloos en skuldloos voor Hom gevind mag word in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid

15. en beskou die geduld van יהוה as redding, net soos die broer vir wie ons lief is, Sha’ul, ook met die wysheid wat vir hom gegee is, aan julle geskryf het.

16. Soos in al sy briewe, praat hy oor hierdie dinge, waarvan sommige moeilik is om te verstaan, wat die onkundiges en onstabiele mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie vernietiging;

17. daarom moet julle, vir wie ons lief is en dit vooraf weet, versigtig wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die misleiding van wettelose mense en wegval uit jul eie standvastigheid nie,

18. maar julle moet groei in die onverdiende guns en kennis van ons Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een en van God-die-Vader, aan Wie die eer, lof en aanbidding nou en altyd toekom tot in ewigheid. Dit is waar!

Lees volledige hoofstuk 2 Kefa 3