hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kefa 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was egter ook vals profete onder die mense, net soos daar onder julle vals leraars sal wees; hulle wat dwaalleringe tot vernietiging bring en die Meester wat hulle gekoop het, ontken terwyl hulle ’n vinnige vernietiging oor hulleself bring.

2. Baie sal hulle afskuwelikhede navolg en as gevolg van hulle sal van die pad van die waarheid kwaad gepraat word;

3. deur gierigheid en opgemaakte stories sal hulle uit julle ’n wins maak; dié wie se oordeel van die begin af nie passief is nie en hulle vernietiging nie slaap nie,

4. want as God die engele wat gesondig het, nie oorgesien het nie, maar hulle in duisternis vasgeketting en afgegooi het in die dieptes, om vir die oordeel tot foltering en pyniging gehou te wordGen 6-9

5. en die ou wêreld nie oorgesien het nie, maar Noag, die prediker van onpartydige opregtheid, met sewe ander, beskerm het, toe Hy die vloed oor die wêreld van goddelose mense gebring hetGen 19

6. en deur die stede van S’dom en `Amorra tot as te verbrand, hulle veroordeel het tot uitwissing en as ’n voorbeeld gestel het vir hulle wat in die toekoms goddeloos sou wees;

7. [Hy het ook die onskuldige Lot gered, wat die vernedering van die verwerplike lewenswyse van die wettelose mense gely het,

8. want terwyl hy gesien en gehoor het, is dié onskuldige man, wat onder hulle gebly het, dag vir dag in sy onskuldige gees gepynig oor hulle wettelose dade;]

9. weet יהוה om dié wat Hom respekvol vrees te red uit die lyding, maar die bose te hou vir die dag van oordeel terwyl hulle gefolter en gepynig word,

10. veral dié wat die vlees najaag in vuil begeerlikhede en teen outoriteit praat. Vermetel en arrogant, bewe hulle nie vir Sy Teenwoordigheid as hulle kwaadpraat nie

11. terwyl die engele, alhoewel groter in vermoëns en krag, geen oordeel van kwaadpraat vanaf יהוה teen hulleself bring nie.

12. Hulle is egter soos redelose diere van natuur, gemaak vir slagting en vernietiging; hulle praat kwaad teen wat hulle nie ken nie. Hulle sal deur hulle eie korrupsie vernietig word

13. wanneer hulle wat boos is die loon van boosheid sal ontvang. Hulle idee van plesier is sensuele begeertes in helder daglig. Hulle is besoedel en vol gebreke en wanneer hulle hul liefdesmaal hou, vergryp hulle hulself

14. terwyl hulle oë vol hoerery en sonde is, wat nie ophou nie, soos hulle dié met ’n onvaste gees verlei. Hulle het ’n verstand, wil en emosie geoefen in gierigheid. Hulle is kinders van die vervloeking.Num 22 gevolg, wat die loon van die bose liefgehad het,

15. Toe hulle die regte pad verlaat het, het hulle afgedwaal en die pad van Bil’am, die seun van B’or,Num 22:28 wat gepraat het met die stem van ’n mens en die malligheid van die profeet verhoed het.

16. maar bestraf is vir sy oortreding deur die stom donkieYir 2:13 wolke gedryf deur ’n storm, vir wie die swartheid van die duisternis bewaar word,

17. Hulle is fonteine sonder water;

18. want wanneer hulle leë verskrikkinge kwytraak, verlei hulle, deur die vuil begeertes van die vlees, dié wat deur ’n paar woorde ontvlug het van hulle wat in misleiding se diens is.

19. Hulle belowe vir hulle vryheid terwyl hulle self slawe van die korrupsie geword het, want waardeur ’n mens oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword,

20. want as hulle ontsnap het uit die verwerplikhede van die wêreld, deur die leringe van ons Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een en hulle weer verstrik word daarin en oorweldig word, dan is die einde vir hulle erger as die begin,Heb 6:1-4

21. want dit sou vir hulle beter wees as hulle nie die pad van onpartydige opregtheid geken het nie, as dat hulle nadat hulle dit leer ken het, hulle later omgedraai het van die afgesonderde opdragte wat aan hulle oorgegee is,

22. maar oor hulle het gekom wat die spreekwoord in waarheid sê: “Die hond het omgedraai na sy eie braaksel” en “die sog, wat gewas is, na die rondrollery in modder.”