Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kefa 1:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Shim’on Kefa, ’n slaaf en afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die wat waardig geag is tot vertroue, gelyk aan ons in eer, deur die onpartydige opregtheid van ons Meester en ons Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een:

2. mag die onverdiende guns en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle vermeerder word deur die leringe van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

3. As die Een wat vir ons al daardie dinge deur Sy lering gegee het, wat vanuit die Goddelike krag is, saam met die lewe en die aanbidding van God, het Hy ons geroep in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid en Grootsheid;

4. Hy wat deur hierdie groot en kosbare verklarings aan julle gegee het om deel te wees aan hierdie Goddelike natuur wanneer julle vlug van die korrupsie van die begeertes wat in die wêreld is.

5. Daar is nog dit: wanneer julle met ywer alles gebring het, voeg by julle vertroue, goedheid en by die goedheid, kennis

6. en by die kennis, volharding en by die volharding, geduld en by die geduld, respekvolle vrees vir God

7. en by die respekvolle vrees vir God, liefdevolle omgee vir die broers en by die liefdevolle omgee vir die broers, liefde,

8. want as julle hierdie dinge het en dit meer word, is hulle nie leeg of onvrugbaar in julle nie, maar vestig dit julle in die leringe van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een.

9. Hy wat hierdie dinge nie het nie, is blind en het vergeet van die reiniging van sy vorige sondes.

10. Aangaande dit, broers, doen moeite om julle roeping en verkiesing seker te maak deur goeie dade, want wanneer julle hierdie dinge doen, sal julle nooit val nie,

11. want só word daar ryklik vir julle ingang gegee in die ewige Koninkryk van ons Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een.

12. Ek word nie moeg om julle aan die waarheid van hierdie dinge te herinner nie, wanneer julle dit ook goed weet en vasstaan in hierdie waarheid,

13. maar dit lyk vir my goed om so lank as wat ek in hierdie liggaam is, julle geheue wakker te maakYog 21:18,19

Lees volledige hoofstuk 2 Kefa 1