Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 3:4-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar elkeen wat sondig, breek die wet. Eintlik is sonde om sonder die wet te wees.

5. Julle weet dat Hy openbaar is om ons sondes weg te vat en dat daar geen sonde in Hom is nie.

6. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

7. Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie onpartydig opreg is, is onskuldig net soos Hy, Die Gesalfde Een, onskuldig is.

8. Hy wat sonde doen, is vanuit die teëstander, want die teëstander is van die begin af ’n sondaar. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die teëstander te vernietig.

9. Almal wat uit God gebore is, doen nie sonde nie omdat Sy Saad in hom bly en hy kan nie aanhou sondig nie, want hy is uit God gebore.

10. Hierin word die kinders van God van die kinders van die teëstander onderskei: elkeen wat nie voortdurend onpartydig opreg is of sy broer voortdurend liefhet nie, is nie van God nie,

11. want dit is die opdrag wat julle van die begin af gehoor het: dat julle mekaar moet liefhê,Gen 3:3-10 Omdat sy dade boos was en dié van sy broer onskuldig.

12. nie soos Kayin wat van die bose een was en sy broer doodgemaak het nie. Waarom het hy hom doodgemaak?

13. Moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie, my broers.

14. Hierin weet ons dat ons weggegaan het vanuit die dood na die lewe toe: indat ons die broers voortdurend lief het. Hy wat sy broer nie voortdurend lief het nie, bly in die dood.Mat 5:21-24

15. Elkeen wat sy broer haat, vermoor ’n persoon en julle weet dat die ewige lewe nie in iemand wat ’n persoon vermoor kan bly nie.

16. Hieraan ken ons Sy liefde teenoor ons: dat Hy Sy lewe in ons plek gegee het en dit is reg vir ons om ons lewens ter wille van ons broers te gee.

17. Wie ook al besittings van die wêreld het en sien dat sy broer ’n behoefte het en sy liefdevolle omgee van hom weerhou, hoe bly die liefde van God in hom?

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 3