Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 3:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar elkeen wat sondig, breek die wet. Eintlik is sonde om sonder die wet te wees.

5. Julle weet dat Hy openbaar is om ons sondes weg te vat en dat daar geen sonde in Hom is nie.

6. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

7. Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie onpartydig opreg is, is onskuldig net soos Hy, Die Gesalfde Een, onskuldig is.

8. Hy wat sonde doen, is vanuit die teëstander, want die teëstander is van die begin af ’n sondaar. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die teëstander te vernietig.

9. Almal wat uit God gebore is, doen nie sonde nie omdat Sy Saad in hom bly en hy kan nie aanhou sondig nie, want hy is uit God gebore.

10. Hierin word die kinders van God van die kinders van die teëstander onderskei: elkeen wat nie voortdurend onpartydig opreg is of sy broer voortdurend liefhet nie, is nie van God nie,

11. want dit is die opdrag wat julle van die begin af gehoor het: dat julle mekaar moet liefhê,Gen 3:3-10 Omdat sy dade boos was en dié van sy broer onskuldig.

12. nie soos Kayin wat van die bose een was en sy broer doodgemaak het nie. Waarom het hy hom doodgemaak?

13. Moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie, my broers.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 3