Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 3:16-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hieraan ken ons Sy liefde teenoor ons: dat Hy Sy lewe in ons plek gegee het en dit is reg vir ons om ons lewens ter wille van ons broers te gee.

17. Wie ook al besittings van die wêreld het en sien dat sy broer ’n behoefte het en sy liefdevolle omgee van hom weerhou, hoe bly die liefde van God in hom?

18. Kinders, laat ons mekaar nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid

19. en hierdeur word dit bekend gemaak dat ons uit die waarheid is en voordat Hy kom, word ons verstand, wil en emosie verseker,

20. want as ons verstand, wil en emosie ons veroordeel, God is groter as ons verstand, wil en emosie en Hy weet alles.Ps 139:23-24

21. Julle vir wie ons lief is, as ons verstand, wil en emosie ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God

22. en alles wat ons vra, sal ons van Hom af ontvang omdat ons Sy opdragte uitvoer en voor Hom goed doen.

23. Dit is Sy opdrag: dat ons moet vertrou in die Outoriteit en Karakter (Naam) van Sy Seun, Yeshua, Die Gesalfde Een en mekaar voortdurend liefhê soos Hy ons beveel het

24. en wie ook al Sy opdragte uitvoer, word deur Hom beskerm en Hy bly in hom. Hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gee.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 3