Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 3:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op hoe oorvloedig die liefde van die Vader vir ons is: dat Hy ons kinders genoem en ook kinders gemaak het! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie omdat dit Hom ook nie ken nie.

2. Julle vir wie ons lief is, ons is nou kinders van God en dit is tot nou toe nie openbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat ons, as Hy openbaar word, na Sy beeld sal wees en Hom sal sien net soos Hy is

3. en elkeen wat hierdie versekerde verwagting in Hom het, reinig homself soos Hy rein is,

4. maar elkeen wat sondig, breek die wet. Eintlik is sonde om sonder die wet te wees.

5. Julle weet dat Hy openbaar is om ons sondes weg te vat en dat daar geen sonde in Hom is nie.

6. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

7. Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie onpartydig opreg is, is onskuldig net soos Hy, Die Gesalfde Een, onskuldig is.

8. Hy wat sonde doen, is vanuit die teëstander, want die teëstander is van die begin af ’n sondaar. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die teëstander te vernietig.

9. Almal wat uit God gebore is, doen nie sonde nie omdat Sy Saad in hom bly en hy kan nie aanhou sondig nie, want hy is uit God gebore.

10. Hierin word die kinders van God van die kinders van die teëstander onderskei: elkeen wat nie voortdurend onpartydig opreg is of sy broer voortdurend liefhet nie, is nie van God nie,

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 3