Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 2:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Wie daarom ook al sê dat hy in die Lig is terwyl hy sy broer haat, is steeds in die duisternis.

10. Wie sy broer voortdurend liefhet, bly in die Lig en daar is geen oortreding in hom nie,

11. maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en leef in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.

12. Kinders, ek skryf vir julle, wie se sondes vergewe is deur die toedoen van Sy Outoriteit en Karakter (Naam).

13. Vaders, ek skryf vir julle omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek skryf vir julle omdat julle hom, die bose een, oorwin het. Seuns, ek het vir julle geskryf omdat julle die Vader ken.

14. Vaders, ek het aan julle geskryf omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek het aan julle geskryf omdat julle sterk is en die boodskap van God in julle bly en julle die bose een oorwin het.

15. Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie,

16. want alles wat van die wêreld is, die begeertes van die vleeslike liggaam, die smagtinge van die oë en die arrogansie van die tydelike lewe, is nie uit die Vader nie, maar is vanuit die wêreld.

17. Die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar hy wat die wil van God doen, leef voort tot in ewigheid.

18. My kinders, dit is die laaste van tyd en soos julle gehoor het, kom die vals gesalfde en daar is nou reeds baie vals gesalfdes, waardeur ons weet dat dit die laaste van tyd is.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 2