Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 2:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. maar wie ook al Sy woorde voortdurend uitvoer, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, want hieraan weet ons dat ons in Hom is:

6. hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos wat Hy geleef het.Efe 2:10 Die ou opdrag is die boodskap wat julle gehoor het

7. Julle vir wie ons lief is, dit is geen nuwe opdrag wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou opdrag, wat julle van die aanvang af gehad het.

8. en tog skryf ek aan julle ’n nuwe opdrag, wat waar is in Hom en in julle: dat die duisternis verby is en die waaragtige Lig begin skyn.Lev 19:17

9. Wie daarom ook al sê dat hy in die Lig is terwyl hy sy broer haat, is steeds in die duisternis.

10. Wie sy broer voortdurend liefhet, bly in die Lig en daar is geen oortreding in hom nie,

11. maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en leef in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.

12. Kinders, ek skryf vir julle, wie se sondes vergewe is deur die toedoen van Sy Outoriteit en Karakter (Naam).

13. Vaders, ek skryf vir julle omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek skryf vir julle omdat julle hom, die bose een, oorwin het. Seuns, ek het vir julle geskryf omdat julle die Vader ken.

14. Vaders, ek het aan julle geskryf omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek het aan julle geskryf omdat julle sterk is en die boodskap van God in julle bly en julle die bose een oorwin het.

15. Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie,

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 2