Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 2:3-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy opdragte uitvoer.1 Yog 3:4; 1 Kor 8:3

4. Hy wat sê: ‘Ek ken Hom’ en Sy opdragte nie uitvoer nie, is ’n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie,

5. maar wie ook al Sy woorde voortdurend uitvoer, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, want hieraan weet ons dat ons in Hom is:

6. hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos wat Hy geleef het.Efe 2:10 Die ou opdrag is die boodskap wat julle gehoor het

7. Julle vir wie ons lief is, dit is geen nuwe opdrag wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou opdrag, wat julle van die aanvang af gehad het.

8. en tog skryf ek aan julle ’n nuwe opdrag, wat waar is in Hom en in julle: dat die duisternis verby is en die waaragtige Lig begin skyn.Lev 19:17

9. Wie daarom ook al sê dat hy in die Lig is terwyl hy sy broer haat, is steeds in die duisternis.

10. Wie sy broer voortdurend liefhet, bly in die Lig en daar is geen oortreding in hom nie,

11. maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en leef in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.

12. Kinders, ek skryf vir julle, wie se sondes vergewe is deur die toedoen van Sy Outoriteit en Karakter (Naam).

13. Vaders, ek skryf vir julle omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek skryf vir julle omdat julle hom, die bose een, oorwin het. Seuns, ek het vir julle geskryf omdat julle die Vader ken.

14. Vaders, ek het aan julle geskryf omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek het aan julle geskryf omdat julle sterk is en die boodskap van God in julle bly en julle die bose een oorwin het.

15. Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie,

16. want alles wat van die wêreld is, die begeertes van die vleeslike liggaam, die smagtinge van die oë en die arrogansie van die tydelike lewe, is nie uit die Vader nie, maar is vanuit die wêreld.

17. Die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar hy wat die wil van God doen, leef voort tot in ewigheid.

18. My kinders, dit is die laaste van tyd en soos julle gehoor het, kom die vals gesalfde en daar is nou reeds baie vals gesalfdes, waardeur ons weet dat dit die laaste van tyd is.

19. Hulle het van ons af uitgegaan, maar hulle was nie deel van ons nie, want as hulle deel van ons was, sou hulle by ons gebly het, maar hulle het van ons af uitgegaan om te wys dat hulle nie van ons was nie.

20. Daar is ’n salwing vir julle van HaKadosh (die Afgesonderde Een) en julle moet elke persoon onderskei.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 2