Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 2:21-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Ek het nie aan julle geskryf omdat julle nie die waarheid ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat elke leuen nie vanuit die waarheid is nie.

22. Wie is die leuenaar anders, as hy wat ontken dat Yeshua Die Gesalfde Een is? Dit is die vals gesalfdes: hy wat die Vader ontken, ontken ook die Seun.2 Yog 1:7, 9,10

23. Elkeen wat die Seun ontken, vertrou ook nie in die Vader nie. Wie ook al die Seun bely, bely ook die Vader.

24. Wat julle van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As dit wat julle van die begin af gehoor het in julle bly, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.

25. Dit is die belofte wat Hy aan ons gemaak het, naamlik die ewige lewe.

26. Hierdie dinge het ek aan julle geskryf aangaande diegene wat julle verleiYir 31:34

27. en ook vir julle: dat as julle bly in die Salwing wat julle van Hom ontvang het, julle niemand nodig het om julle te leer nie, maar soos die Salwing wat van God is julle aangaande alles leer en waar is en daar geen leuen in Hom is nie en soos Hy julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

28. Bly nou in Hom, my kinders sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie skaam van Hom af wegdraai by Sy koms nie.

29. As julle weet dat Hy onpartydig opreg is, dan weet julle dat elkeen wat onpartydig opreg leef, vanuit Hom is.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 2