Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 2:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sondig nie en as iemand sondig, is daar vir ons by die Vader die Loskoper vanuit die vloek, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Onskuldige,

2. want Hy is die Vryspraak en Toedekking vir ons sondes en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.Eks 19:5

3. Hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy opdragte uitvoer.1 Yog 3:4; 1 Kor 8:3

4. Hy wat sê: ‘Ek ken Hom’ en Sy opdragte nie uitvoer nie, is ’n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie,

5. maar wie ook al Sy woorde voortdurend uitvoer, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, want hieraan weet ons dat ons in Hom is:

6. hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos wat Hy geleef het.Efe 2:10 Die ou opdrag is die boodskap wat julle gehoor het

7. Julle vir wie ons lief is, dit is geen nuwe opdrag wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou opdrag, wat julle van die aanvang af gehad het.

8. en tog skryf ek aan julle ’n nuwe opdrag, wat waar is in Hom en in julle: dat die duisternis verby is en die waaragtige Lig begin skyn.Lev 19:17

9. Wie daarom ook al sê dat hy in die Lig is terwyl hy sy broer haat, is steeds in die duisternis.

10. Wie sy broer voortdurend liefhet, bly in die Lig en daar is geen oortreding in hom nie,

11. maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en leef in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.

12. Kinders, ek skryf vir julle, wie se sondes vergewe is deur die toedoen van Sy Outoriteit en Karakter (Naam).

13. Vaders, ek skryf vir julle omdat julle Hom ken wat van die aanvang af is. Jongmanne, ek skryf vir julle omdat julle hom, die bose een, oorwin het. Seuns, ek het vir julle geskryf omdat julle die Vader ken.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 2