Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 1:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ons het aan julle die goeie boodskap verkondig van Hom wat vanaf die aanvang was, Hy vir Wie ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien en ervaar het en met ons hande aangeraak het; Hy wat die Boodskap van Lewe is.

2. Die Lewe is openbaar en ons het gesien, ons getuig van en verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons openbaar is.

3. Hy vir Wie ons gesien en gehoor het, openbaar ons ook aan julle sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê en ons gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun, Yeshua, Die Gesalfde Een.

4. Ons skryf hierdie dinge aan julle sodat ons blydskap, wat in julle is, volmaak kan wees.

5. Dít is die goeie boodskap wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is Lig en daar is absoluut geen duisternis in Hom nie.

6. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en ons loop in duisternis, dan lieg ons en is ons nie in die waarheid ingelig nie,Yes 1:16-17; Mal 3:2-4 reinig ons van al ons sondes.

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 1