Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 4:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Gevolglik, wie ook al bedrieg, bedrieg nie ’n mens nie, maar vir God wat Sy Gees van Afsondering in julle gee.

9. Aangaande die liefde vir die broers het julle nie nodig dat ons vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê

10. en julle doen dit ook aan al die broers in die hele Makedonia, maar ons versoek julle, broers, om meer oorvloedig te wees.

11. Wees ywerig daarin om vredevol te wees en julle eie dinge te doen en met julle eie hande te werk, net soos ons julle beveel het

12. sodat julle ordentlik kan leef teenoor die wat buite is en nie van iemand afhanklik is nie.

13. Broers, ek wil hê dat julle moet weet dat julle nie moet rou oor die wat dood is soos die res van die mensdom wat geen versekerde verwagting het nie,

14. want as ons vertrou dat Yeshua gesterf en opgestaan het, dan net so, dat God die wat in Yeshua dood is, saam met Hom bring,

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 4