Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 4:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. want as ons vertrou dat Yeshua gesterf en opgestaan het, dan net so, dat God die wat in Yeshua dood is, saam met Hom bring,

15. want dit sê ons vir julle na aanleiding van die boodskap van ons Meester, dat ons wat in die lewe oorbly wanneer ons Meester kom, die wat dood is, nie sal vóór wees nie,

16. want Hy, ons Meester, sal vanaf die hemel afkom met ’n bevel, met die stem van die hoof engel en met die geklank van die trompet van God en dié wat in Die Gesalfde Een gesterf het, sal eerste opstaan

17. en dan sal ons wat nog in die lewe is, saam met hulle as een in die wolke ingedra word na ’n ontmoeting met ons Meester in die lug en op die manier sal ons vir altyd by ons Meester wees.

18. Versterk mekaar daarom met hierdie boodskap.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 4