Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 4:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers, ons vra daarom van julle en bid ernstig vir julle in ons Meester, Yeshua, dat julle al hoe meer mag groei, soos julle van ons ontvang het hoe julle moet leef en God tevrede stel,

2. want julle weet watter opdragte ons julle in ons Meester, Yeshua gegee het,

3. want dít is die wil van God: julle afsondering, dat julle moet wegbly van alle seksuele oortredings

4. en dat elkeen van julle sal weet hoe om sy liggaam te besit in afsondering en eer,

5. nie in hartstogtelike begeertes soos die ander nasies wat God nie ken nie.

6. Niemand moet hierin te ver gaan en sy broer bedrieg nie, omrede ons Meester die Wreker is van al hierdie dinge, net soos ons vroeër vir julle gesê en getuig het,

7. want God het julle nie tot onreinheid geroep nie, maar tot afsondering.

8. Gevolglik, wie ook al bedrieg, bedrieg nie ’n mens nie, maar vir God wat Sy Gees van Afsondering in julle gee.

9. Aangaande die liefde vir die broers het julle nie nodig dat ons vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê

10. en julle doen dit ook aan al die broers in die hele Makedonia, maar ons versoek julle, broers, om meer oorvloedig te wees.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 4