Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 3:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. maar nou, sedert Timotheos van julle af by ons aangekom het en ons goeie nuus aangaande julle vertroue en liefde gegee het en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons het en begeer om ons te sien, net soos ons ook vir julle,

7. is ons deur julle, broers, versterk en vertroos oor al ons teëspoed en smart as gevolg van julle vertroue,

8. want nou leef ons, as julle sal vasstaan in ons Meester,

9. want watter dank kan ons namens julle aan God betaal, vir al die blydskap waarmee ons ons verbly om julle ontwil,

10. behalwe dat ons nag en dag al hoe ernstiger voor God bid om julle gesigte te sien en te voltooi wat aan julle vertroue kortkom,

11. maar God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een sal ons pad na julle toe rig.

12. Mag Hy julle liefde vir mekaar en vir almal vermeerder en vergroot, soos ons julle lief het

13. en mag Hy julle verstand, wil en emosie versterk om onberispelik te wees in afgesonderdheid in die Teenwoordigheid van God-ons-Vader by die koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat saam met al Sy afgesonderdes is.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 3