Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 2:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Julle weet self, my broers, dat ons koms na julle toe nie vir niks was nie,

2. maar eerstens het ons, soos julle weet, in Filippoi gely en is mishandel en toe het ons te midde van ’n groot stryd met die vrymoedigheid van ons God aan julle die goeie boodskap van Die Gesalfde Een verkondig,

3. want ons versterking en vertroosting was nie vanuit misleiding of vanuit onreinheid of in bedrog nie,

4. maar net soos toe ons deur God goedgekeur is en vertrou is met Sy goeie boodskap, so praat ons, nie om mense tevrede te stel nie, maar God, wat ons denke, wil en emosie toets,

5. want ons praat ook nooit met vleitaal, soos julle weet, of met uiterlike uitbuitery nie. God is getuie.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 2