Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 9:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Ek was by die Jode, as ’n Jood, om die Jode te wen; by die wat onder die geskrewe wet is, soos een wat onder die geskrewe wet is, om die wat onder die geskrewe wet is, te wen.

21. Vir die wat nie die geskrewe wet het nie, soos een wat nie die geskrewe wet het nie terwyl ek nie vir God sonder die wet is nie, maar in die wet van Die Gesalfde Een sodat ek ook die wat sonder die geskrewe wet is, kan wen.

22. Ek was by die swakkes as swak om die swakkes te wen; vir almal het ek alles geword om almal te red,

23. maar dit het ek gedoen sodat ek ’n deelgenoot van die goeie boodskap kan wees.

24. Weet julle nie dat die wat in die stadion hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys kry nie? Hardloop op so manier dat julle dit sal kry.

25. Elkeen wat aan ’n kompetisie deelneem, dissiplineer sy gedagtes: húlle om ’n verganklike kroon te ontvang, maar ons ’n onverganklike.

26. Ek hardloop daarvolgens soos een wat nie onseker is nie, ek neem deel soos een wat nie in die lug slaan nie,

27. maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit gehoorsaam sodat ek nie, terwyl ek vir ander verkondig het, self verwerplik sou wees nie.Eks 13:21-22 en almal deur die see gegaan het,Eks 14:19-31

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 9