Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 8:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aangaande die offers wat aan afgode geoffer word, weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis blaas op, maar die liefde bou op.

2. As iemand dink dat hy enige iets ken, ken hy nog niks soos ’n mens dit behoort te ken nie,

3. maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken;Deut 6:4; Yir 16:13

4. daarom, wat kos betref wat aan afgode geoffer is, weet ons dat ’n afgod niks in die wêreld is nie en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een,

5. want al is daar ook sogenaamde “gode,” of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar dan ook baie “gode” en baie “meesters” is,Rom 14:9

6. is daar vir ons Een: God-die-Vader, vanuit Wie alles is en ons is in Hom; Een יהוה-Yeshua, Die Gesalfde Een, want alles is deur Hom en ook ons is in Sy hand.

7. Nie almal het dié kennis nie. Meer nog, sommige wat nou nog bewus is van die afgod, eet dit as ’n afgodsoffer en hulle gewete, wat swak is, word besoedel,

8. maar kos bring ons nie nader aan God nie, want as ons eet, baat ons niks nie en as ons nie eet nie, verloor ons niks nie.

9. Wees versigtig dat hierdie sterkte van julle nie miskien ’n struikelblok word vir die wat swak is nie,

10. want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ’n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie aangemoedig word om van die kos wat aan die afgode geoffer is te eet nie?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 8