Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand dink dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word sodat hy wys kan wees,Iyov 5:13

19. want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God, want daar is geskrywe: “Hy vang die wyse mense in hulle eie slimmigheid”Ps 94:11

20. en ook: “יהוה ken die redenasies van die wyses, dat dit leeg is.”

21. Laat niemand daarom op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

22. of dit Sha’ul is of Apollos of Kefa of die wêreld of lewe of dood of wat ís, of wat nog sal wees; alles behoort aan julle,

23. maar julle behoort aan Die Gesalfde Een en Die Gesalfde Een aan God.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3