Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. As enige iemand op dié fondament bou met goud, silwer, kosbare stene, hout, gras of stoppels -

13. elkeen se dade sal aan die lig kom, want die dag sal dit uitwys omdat dit deur vuur openbaar gemaak word en die vuur sal elkeen se werk toets.

14. Die een wie se dade, wat hy daarop gebou het, bly staan, sal sy beloning kry.

15. As iemand se dade verbrand word, sal hy skade ly; hy self sal ontsnap, maar soos deur vuur heen.

16. Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en dat die Gees van God in julle bly nie?Heb 3:6

17. Wie ook al die tempel van God vernietig, hom sal God vernietig, want die tempel van God is afgesonderd en dít is julle.

18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand dink dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word sodat hy wys kan wees,Iyov 5:13

19. want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God, want daar is geskrywe: “Hy vang die wyse mense in hulle eie slimmigheid”Ps 94:11

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3