Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en dat Hy aan Kefa verskyn het; daarna aan die twaalf.

6. Daarna het Hy verskyn aan meer as vyf honderd broers by een geleentheid, waarvan baie nou nog lewe, maar sommige reeds dood is.

7. Daarna het Hy verskyn aan Ya’akov; daarna aan al die afgevaardigdes

8. en laaste van almal, asof aan ’n verstote baba, het Hy ook aan my verskyn,

9. want ek is die geringste van die afgevaardigdes, wat nie werd is om ’n afgevaardigde genoem te word nie omdat ek die gemeente van God vervolg het.

10. Deur die onverdiende guns van God is ek egter wat ek is en Sy onverdiende guns aan my was nie tevergeefs nie, maar ek het meer gewerk as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die onverdiende guns van God wat by my is;

11. daarom, of dit nou ek is of hulle, so verkondig ons en so het julle vertrou.

12. As Die Gesalfde Een verkondig word, wat uit die dood uit opgestaan het, hoe sê sommige onder julle dat daar nie lewe is vir die dooies nie?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15