Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:39-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Elke vlees is nie dieselfde as ander vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van ’n bees, wat anders is as dié van voëls, wat anders is as dié van visse

40. en daar is ’n hemelse liggaam en ’n aardse liggaam, maar die eer en lof van die hemelse is anders as dié van die aardse.

41. Die son se eer en lof is anders as die eer en lof van die maan en anders as die eer en lof van die sterre en die een ster verskil in eer en lof van die ander ster.Yog 12:24

42. So is ook die lewe vir díe wat sterf: gesaai wat kan vergaan, opgewek wat nie kan vergaan nie;

43. gesaai in oneer, opgewek in eer en lof; gesaai in swakheid, opgewek in krag;

44. gesaai in ’n natuurlike liggaam, opgewek in ’n geestelike liggaam. Daar bestaan ’n natuurlike liggaam en daar bestaan ’n geestelike liggaam.Gen 2:7 die laaste ‘Adam’, ’n Lewegewende Gees.

45. So is daar ook geskryf: die eerste mens, Adam, was ’n lewende gees;

46. Die geestelike is nie eerste nie, maar die natuurlike, daarna die geestelike.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15