Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:35-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Iemand van julle sal sê: ‘Hoe staan die dooies op en in watter liggaam verskyn hulle?’

36. Dwaas! Die saad wat jy saai, kan nie lewendig word as dit nie doodgegaan het nieYog 12:24

37. en dit wat jy saai is nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n kaal korrel, van koring of van gars of van ’n ander graan,

38. maar God gee dit ’n liggaam net soos Hy wil en aan elkeen van die saad ’n liggaam volgens sy natuur.

39. Elke vlees is nie dieselfde as ander vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van ’n bees, wat anders is as dié van voëls, wat anders is as dié van visse

40. en daar is ’n hemelse liggaam en ’n aardse liggaam, maar die eer en lof van die hemelse is anders as dié van die aardse.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15