Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:29-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Anders, wat sal dit hulle baat wat hulle laat doop met die dood tot doel, as die dooies nie weer sal lewe nie? Waarom laat hulle hul nog tot die dood, doop?

30. Waarom leef ons ook elke oomblik in gevaar?

31. So waar as wat ek roem op julle in Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester, sterf ek daagliks, broers.Yes 22:13; Yes 56:12

32. As ek in Efesos as mens vir wilde diere gegooi is, watter voordeel was dit vir my? As die dooies nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!

33. Moenie mislei wees nie; bose gesprekke korrup goeie denke.

34. Maak julle verstand, wil en emosie wakker in onskuld en moenie sondig nie, want daar is sommige wat nie die kennis van God in hulle het nie. Ek sê dit tot julle skande.

35. Iemand van julle sal sê: ‘Hoe staan die dooies op en in watter liggaam verskyn hulle?’

36. Dwaas! Die saad wat jy saai, kan nie lewendig word as dit nie doodgegaan het nieYog 12:24

37. en dit wat jy saai is nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n kaal korrel, van koring of van gars of van ’n ander graan,

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15