Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:10-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Deur die onverdiende guns van God is ek egter wat ek is en Sy onverdiende guns aan my was nie tevergeefs nie, maar ek het meer gewerk as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die onverdiende guns van God wat by my is;

11. daarom, of dit nou ek is of hulle, so verkondig ons en so het julle vertrou.

12. As Die Gesalfde Een verkondig word, wat uit die dood uit opgestaan het, hoe sê sommige onder julle dat daar nie lewe is vir die dooies nie?

13. As daar geen lewe vir die dooies is nie, dan is Die Gesalfde Een ook nie opgewek nie

14. en as Die Gesalfde Een nie opgewek is nie, dan is ons verkondiging waardeloos en waardeloos ook julle vertroue.

15. Dan word ons as valse getuies van God bevind omdat ons van God getuig het dat Hy Die Gesalfde Een opgewek het terwyl Hy Hom nie opgewek het nie,

16. want as die wat dood is nie weer sal lewe nie, dan lewe selfs Die Gesalfde Een ook nie

17. en as Die Gesalfde Een nie lewend is nie, dan is julle vertroue leeg en is julle nog in julle sondes

18. en dan het ook dié wat in Die Gesalfde Een dood is, sonder twyfel vergaan.

19. As ons net in hierdie lewe op Die Gesalfde Een ’n versekerde verwagting het, dan is ons die bejammerenswaardigste van alle mense,

20. maar nou, Die Gesalfde Een ís opgewek uit die dood uit en Hy ís die eersteling vrug van dié wat dood is.

21. Net soos die dood deur ’n mens gekom het, net so het die lewe van hulle wat dood is, deur ’n Mens gekom,

22. want net soos alle mense deur Adam doodgaan, net so sal hulle ook almal in Die Gesalfde Een lewe.

23. Elke persoon in sy orde: die eersteling vrug is Die Gesalfde Een, daarna hulle wat aan Die Gesalfde Een behoort, wanneer Hy kom

24. en dan kom die einde, wanneer Hy die Koninkryk aan God die Vader oorgee, wanneer Hy elke heerser en elke outoriteit en alle kragte vernietig het,Ps 110:1 geplaas het.

25. want Hy gaan heers totdat Hy al Sy vyande onder Sy voete

26. Die laaste vyand wat Hy vernietig, is die dood.

27. “Want Hy het alles onderwerp onder Sy voete,” maar wanneer Hy sê dat alles ondergeskik gemaak is, is dit duidelik dat Hy wat alles aan Hom ondergeskik gemaak het, uitgesonder isDan 7:11-14

28. en wanneer alles ondergeskik aan Hom gemaak is, dan sal ook die Seun Homself ondergeskik maak aan die Een wat alles ondergeskik aan Hom gemaak het sodat God alles in almal kan wees.

29. Anders, wat sal dit hulle baat wat hulle laat doop met die dood tot doel, as die dooies nie weer sal lewe nie? Waarom laat hulle hul nog tot die dood, doop?

30. Waarom leef ons ook elke oomblik in gevaar?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15