Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 14:32-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. want die gees van die profeet is aan die profeet gehoorsaam,

33. want God is nie ’n God van onbeheersdheid nie, maar van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid. Soos in al die gemeentes van die afgesonderdes

34. moet julle vrouens in die gemeentes stilbly, want dit is hulle nie toegelaat om te praat nie, maar om gehoorsaam te wees, net soos die geskrewe wet sê.

35. As hulle iets wil leer, laat hulle by die huis hulle eie mans vra, want dit is skandelik vir daardie vrou om in die gemeente te praat.

36. Of het die boodskap van God van julle af uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?

37. As iemand onder julle dink dat hy ’n profeet, of van die Gees is, laat hy weet dat wat ek vir julle skryf, opdragte van ons Meester is,

38. maar as iemand nie weet nie, stel hom in kennis.

39. Beywer julle daarom, my broers, om te profeteer en moenie die praat in tale verbied nie,

40. maar laat alles in ordentlikheid en met orde gedoen word.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 14