Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 14:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Wat sal ek daarom doen? Ek sal bid met my gees en ek sal ook bid met my verstand. Ek sal sing met my gees en ek sal ook sing met my verstand.

16. Anders, as jy met die gees ’n seën uitspreek, hoe sal hy wat nog onkundig is, ‘Dit is waar’ sê op jou seën, aangesien hy nie verstaan wat jy sê nie,

17. want jou seën is wel goed, maar die ander een word nie opgebou nie.

18. Ek dank my God dat ek meer in tale praat as julle almal,

19. maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te leer, as tien duisend woorde in tale.`Am 5:15; Rom 16:19

20. My broers, moenie kinders in julle verstaansvermoë wees nie, maar wees babas tot boosheid en wees ten volle volwasse in julle verstaansvermoë.Deut 28:49; Yes 28:11-12

21. In die wet is geskryf: “Ek sal deur vreemde spraak en deur ’n ander taal met hierdie mense praat en dan sal hulle ook nie na My luister nie,” sê יהוה:”

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 14