Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 10:29-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Ek sê nie jou gewete nie, maar die van die een wat jou vertel het, want waarom word my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?

30. As ek in onverdiende guns optree, waarom word ek sleg van gepraat oor iets waarvoor ek dank?

31. Of julle dan eet of drink of enige iets doen, doen alles tot eer, lof en aanbidding van God.

32. Wees sonder oortreding vir die Jode, die Arameërs of vir die gemeente van God;

33. net soos ek almal in alles tevrede stel en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie sodat hulle lewe mag hê.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 10